Connoisseurs van die Absurde / Connoisseurs of the Absurd

Haas Das droomTone

Die ontstaan van hierdie stuk lê vergete, soos Haas Das self vergete lê iewers diep in ons geheue. Eendag droom 'n Nokia 3310 vir die eertse keer in kleur, 'n ou vergete Nokia 3310 in 'n stowwerige laai, dit droom ditself magtig, 'n wapen van massa-destruksie, in rooi bloed SMS koevertjies verpak dit ontelbare Swart Maaie en stuur dit die planeet oor teen die spoed van lig... Hierdie is opgedra aan jou Nokia 3310, jy is 'n wapen magtiger as God.

Musiek: Haas Das deur Thys Nywerheid.

Gescreen by Design Indaba Expo 2008.

Nokia 3310 dreamTone

Dream of a Nokia 3310, an old phone discarded on a dusty bookshelf. From the depths of a dead screen the phone dreamt visions of consumerist imperialist power, packaging death in red envelopes; invisible armies of deathText marching at the speed of light. The SIM card unconscious became a production mastermind of fear, firing text across the globe, destroying minds with its richText power, a Nokia 3310 dreams itself a weapon mightier than God.

Music: Namebrand Gun by Binray, from Cederoth Bloodstopper

Ryk Rooster

Ontmoet die Rooster familie, Ryk en Berta, en hul tweeling tieners, Tanya en Tribbes. Die extraordinêre ding is dat hulle ‘n ordinêre familie is. Elke dag is ‘n uitdaging en avontuur in hierdie suburb, waar uiteenlopende karakters op mekaar se tone trap en oor mekaar se grasperke stap, met verassende gevolge... Ervaar weer humor in die alledaagse saam met die Roosters, en kyk weer opnuut met waardering na Suburbia en beyond ...

Gescreen by Design Indaba Expo 2007.

Die Ou Man en die Ou Vrou

Musiek video geskep vir The Buckfever Underground.

Dit is die storie van Pilot van Zyl, ons volg hom vanwaar hy opstyg by Ysterplaat lugmagbasis. Hy is op 'n soek-en-vernietigings missie, ons aanskou die vernietiging, maar kan dit nie keer nie, al is wat vernietig word 'n integrale deel van ons.

Gekies vir Resfest Africa 2004.

Konstabel Vermeulen

Die polisieman van legende, hy sal sterf vir bier... Hy maak sy eerste verskyning in die musiek van Alex Omega en het 'n kultus figuur geword onder díe wat geloof in die reg verloor het... Konstabel Vermeulen >>

Bal-Oog Belistiek

Bal-Oog en Brommel vat die pad op 'n surreale road trip, wanneer 'n mitiese wese uit 'n selfoon verskyn en hulle deur 'n hula-hoop spring raak dinge vreemd. Daar is gevaarlike karakters op hul spoor, soos Dr. Telkom, en die brein van William Burroughs is ook betrokke by hul lot, tog het hul mission net begin... Bal-Oog >>

Animasie